|
(Die verse/paragrawe in hierdie boek is lank, maar kan ook afgebreek word in korter kedeeltes)
JôWjakim vas omdat hy ni ekinders het nie
JôWjakim bedroef oor sy kinderloosheid.
BvJ 1:1 : IN die geskiedenisse van die twaalf stamme van JisraEl was daar ene JôWjakim, 'n baie ryk man.
BvJ 1:1 : en hy was gewoond om sy gawes dubbeld nader te bring en het gesê:
BvJ 1:1 : Wat uit my oorvloed is, sal gaan vir die hele volk, en wat vir my vergifnis van die oortredinge is, sal vir JaHWeH wees tot versoening vir my.
BvJ 1:2 : Toe het die groot dag van JaHWeH aangebreek en die kinders van JisraEl het hul gawes kom aanbied.
BvJ 1:2 : En Ruben het teen hom opgetree en gesê: Jy mag nie eerste jou gawes aanbied nie, aangesien jy geen nageslag in JisraEl verwek het nie.
BvJ 1:3 : En ek was baie bedroef en het na [die geslagsregisters van] die twaalf stamme van die volk gegaan en gesê:
BvJ 1:3 : Ek sal nakyk in die twaalf stamme [se registers] of ek die enigste is wat geen nageslag in JisraEl verwek het nie.
BvJ 1:3 : En hy het ondersoek ingestel en gevind dat alle regverdiges 'n nageslag in JisraEl verwek het.
BvJ 1:3 : En hy het Abraham, die aartsvader, in herinnering gebring, dat Elohim hom in sy laaste dae 'n seun geskenk het, naamlik Isak.
BvJ 1:4 : En JôWjakim was baie bedroef en het hom nie aan sy vrou vertoon nie, maar hom na die wildernis begewe en daar sy tent opgeslaan.
BvJ 1:4 : En hy het veertig dae en veertig nagte gevas en by homself gesê: Ek sal nie afgaan óf vir spyse óf vir drank totdat JaHWeH my Elohey my besoek het nie, en my gebed sal vir my spyse en drank wees. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |